# Twee kinders is dood en 16 mense beseer nadat ‘n bus met skoolkinders vanoggend in die ooste van Frankryk naby die dorp Lent, noordoos van Lyon, in ‘n ongeluk was. Die voertuig het volgens berigte van die pad afgery en teen ‘n boom gebots. Drie van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand. Aanklaers sê 43 mense, insluitend 15 minderjariges, was in die bus wat tussen Lyon en Bourg-en-Bresse onderweg was. Nooddienste het helikopters ontplooi om die beseerdes by te staan. Die owerhede het met ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk begin.
Twee kinders sterf in busongeluk in Oos-Frankryk