Skip to content

Bewaringsvennote span saam om bestuur van agt natuurreservate te verbeter

# ‘n Leierskapsprogram, die eerste in sy soort, is in Mpumalanga van stapel gestuur om die bestuur van agt provinsiale natuurreservate te verbeter. Die program, wat ses maande duur, sal reservaatbestuurders voorsien van praktiese afrigting en mentorskap om hul leierskaps- en besluitnemingsvaardighede te versterk. Die reservate wat deelneem, sluit in Blyderivierpoort, Manyeleti en Loskopdam. Die Mpumalanga-toerisme- en Parke-agentskap sê die inisiatief het ten doel om bewaringspogings te verbeter, aanspreeklikheid te versterk en bedreigde en beter beskerming van bedreigde wild wat gevaar loop om uit te sterf.