# Wêreldwye aandelemarkte het skerp gedaal toe vrese oor die toekoms van kunsmatige intelligensie ‘n stormloop veroorsaak het om tegnologie-aandele te verkoop. Die Nasdaq het gister met 5,5-persent gedaal, sy grootste daaglikse daling sedert April verlede jaar, wat die waarde van S&P 500-ondernemings met byna 50-duisend-miljard-rand verminder. Die Nikkei in Japan het met ses-persent gedaal, terwyl aandele in Suid-Korea en Taiwan in ‘n stadium met meer as agt-persent getuimel het. Beleggers het na veiliger regeringsbeleggings en geldeenhede beweeg te midde van kommer dat strenger regulering die K-I-oplewing kan vertraag.
Wêreldaandele tuimel namate KI-vrese beleggers laat vlug na veilige bates