Skip to content

Afrika Mayibuye tree na vore as amptelike opposisie in twee munisipaliteite in Limpopo

# Die Afrika Mayibuye-beweging, gestig deur Floyd Shivambu, het na vore getree as die amptelike opposisie in die Groter Giyani- en die Collins Chabane-plaaslike munisipaliteit in Limpopo. Die party se veldtog het sterk gefokus op plaaslike diensleweringsprobleme, insluitend watertekorte en infrastruktuur. Agt-en-vyftig-persent van die stemdistrikte is reeds getel en die party het 18-persent van die stemme in Groter Giyani en 14-persent in Collins Chabane. Dit skuif die EFF af na derde plek op vyf-persent. Die ANC loop steeds voor met onderskeidelik 59- en 65-persent van die stemme.