Skip to content

Pous Leo begin sy reis van 12 dae na Uruguay, Argentinië en Peru

# Pous Leo het vanoggend uit Rome vertrek op sy reis van 12-dae na Latyns-Amerika – slegs drie weke na sy operasie om ‘n kankergewas uit sy regterlong te verwyder. Die 71-jarige gaan Uruguay, Argentinië en Peru besoek, waar miljoene mense na verwagting sal opdaag om hom te sien. Latyns-Amerika is die tuiste van ongeveer 40-persent van die wêreld se 1,4-miljard Katolieke. Die Vatikaan sê geen buitengewone maatreëls word getref rondom die pous se gesondheid nie, want hy word nie beskou as iemand met ‘n blywende mediese toestand nie.