Skip to content

Tesourie sê Suid-Afrika se skuld-tot-BBP-verhouding lyk beter na ‘n hersieining

# Die Nasionale Tesourie sê die regering bereik steeds sy fiskale teikens en dit lyk tans selfs beter as wat voorspel is. Die land se skuld-tot-bruto-binnelandse-produk-verhouding sal na verwagting teen 2032/33 tot onder 70-persent daal – ʼn jaar gouer as wat in die mini-begroting voorspel is. Dit volg op Statistiek Suid-Afrika se herbepaling van die BBP wat die gemete omvang van die ekonomie in 2025/26 met 5,1-persent verhoog het. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê dit weerspieël nie nuwe inkomste-winste, besnoeiings in besteding of ‘n vermindering van regeringskuld nie.