Skip to content

Tennis: Alcaraz, Fritz deur na die kwarteindronde van die Paryse Meesters

# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het na die kwarteindronde van die Paryse Meesterstoernooi deurgedring toe die Italianer Matteo Berrettini weens ‘n besering moes onttrek aan hul derderonde-wedstryd. Die Spanjaard speel vandag teen die Amerikaner Taylor Fritz, wat steeds kan kwalifiseer vir die ATP-jaareindtoernooi in Turyn nadat hy die Fransman Arthur Fils geklop het. Die Australiese kwalifiseerder Ricky Hijikata, die Fransman Luca van Assche, die Amerikaners Tommy Paul en Ben Shelton, Nuno Borges van Portugal en die Noorweër Casper Ruud het ook deurgedring na die kwarteindronde.