# Krieket: Die Wes-Indiese paaltjiewagter en kolwer, Amir Jangoo, se onoorwonne honderdtal Donderdag het sy span in ‘n sterk posisie geplaas op die openingsdag van die tweede toetswedstryd teen Bangladesj in Sylhet. Die besoekers het rampspoedig begin en drie paaltjies vir slegs 27 lopies verloor. Jangoo is op 111 terwyl die nuweling Kevin Wickham 61 bygedra het in ‘n vennootskap van 131 lopies. Justin Greaves is onoorwonne op 35 met die span op 235 vir vier toe spel na 70 boulbeurte weens swak lig gestaak is. Die besoekers loop 1–0 voor in die reeks van twee.
Jangoo se honderdtal plaas Wes-Indië in ‘n goeie posisie teen Bangladesj