# Rugby: Frankryk se afrigter, Fabien Galthié, het die ster-skakelpaar Romain Ntamack en Antoine Dupont herenig vir môre se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Fidji in Lyon. Dis die eerste keer sedert Maart verlede jaar dat hulle saam in die opdrafspan is nadat albei met beserings gesukkel het. Dupont is kaptein en die senter Kalvin Gourgues is die eerste keer in die beginspan. Die losvoorspeler Esteban Capilla kan sy buiging van die bank maak nadat hy die beseerde Oscar Jegou vervang het. Frankryk speel volgende Vrydag teen Suid-Afrika.
Rugby: Ntamack en Dupont herenig in Franse span vir kragmeting teen Fidji