# Die MK-party se eerste adjunkpresident, Duduzane Zuma, sê posisies wat deur sy verteenwoordigers beklee word, behoort aan die organisasie en nie aan individue nie. Zuma het in Midrand, Gauteng, gesê die party sal nie skroom om sy leierskap te vervang indien ampsdraers nie aan die verwagtinge voldoen nie. Hy sê die benadering bevorder aanspreeklikheid en verseker diegene aan wie poste toevertrou is, sal hul verantwoordelikhede nakom. Zuma benadruk hierdie beginsel sal regoor die regering toegepas sal word:
Zuma sê MK-party se leierskapposisies behoort nie aan individue nie [KLANK]
ENG-ZumaOnReshuffle