# Sokker: Die 51 rooikaarte wat tydens ʼn enkele wedstryd in Brasilië uitgereik is, is ʼn nuwe wêreldrekord. Dis uitgedeel aan 43 spelers en agt afrigtingspersoneellede tydens die eerste kragmeting van die Onder-20-kampioenskaps-halfeindstryd tussen Uberlândia en Mamoré in Minas Gerais, wat daartoe gelei het dat die militêre polisie ontbied is. Volgens die skeidsregters-verslag het die geveg in die tweede helfte uitgebreek toe ʼn speler van Mamoré die teenstanders se bank getart het toe sy span 3-1 voorgeloop het. ʼn Afrigter van Uberlândia het daarna op die veld gehardloop.
Sokker: Nuwe wêreldrekord van 51 rooikaarte uitgereik tydens jeugwedstryd in Brasilië