Skip to content

EFF dien klag in by OVK oor moontlike onregmatighede met spesiale stemme in die Oos-Kaap [KLANK]

# Die EFF in die Oos-Kaap het ʼn amptelike klag by die Verkiesingskommissie ingedien na die ontdekking van ʼn houer met spesiale stembriewe in die Nomandamba-stemdistrik. Dis blykbaar oopgemaak sonder dat die party se agente by was. Die party sê verskeie stembriewe was weg toe hulle die houer inspekteer. ʼn EFF-woordvoerder, Veronica Mente, sê die OVK het stem-tellery in die betrokke kiesafdeling gisteraand opgeskort en hou al die verkiesingsmateriaal eenkant. Sy sê die polisie het die houers met stembriewe na ʼn sentrale tel-sentrum geneem:

ENG MenteOnCriminalCase