Skip to content

Stemme word getel, en die DA loop tans nasionaal voor

# Terwyl stemme ná die plaaslikeregeringsverkiesing getel word, loop die DA tans nasionaal voor met 34,73-persent van die stemme. Die ANC is tweede met 33,35-persent, gevolg deur die Vryheidsfront Plus met 7,21-persent. Die Patriotic Alliance is vierde, terwyl die EFF die topvyf afrond. Die SAKP, wat onafhanklik aan die verkiesing deelgeneem het en daarmee die geskiedkundige ooreenkoms verbreek het om altyd sy alliansievennoot, die ANC, te ondersteun is tans nasionaal vyfde met 2,9-persent van die stemme.