Skip to content

Aansoeke vir Johannesburg se skuldverligtingsprogram sluit

# Die Stad Johannesburg het aansoeke vir die vierde fase van sy skuldverligtingsprogram gesluit. Die program het inwoners wat kwalifiseer die geleentheid gebied om hulp met uitstaande munisipale skuld te verkry deur finansiële verligting en afbetalingsreëlings. Die hoof- finansiële beampte, Tebogo Moraka, sê meer as 18-duisend aansoeke vir skuld van meer as twee-miljard-rand is teen Julie ontvang. Die stad is tans besig om die aansoeke na te gaan. Inwoners moet voortgaan om hul huidige munisipale heffings te betaal terwyl hulle wag op goedkeuring.