Skip to content

Man van Phalaborwa in hegtenis geneem oor foto van stembrief

# ‘n Twee-en-dertigjarige man is vanoggend by ‘n stempunt in Lulekani in Limpopo in hegtenis geneem toe hy ‘n foto van sy voltooide stembrief geneem het. Dis ‘n oortreding van die Kieswet. Polisiewoordvoerder Hlulani Mabasa sê hy sal vandag in die hof verskyn. Die polisie is ook op soek na ‘n tweede verdagte wat ‘n soortgelyke foto op sosiale media geplaas het nadat die oortreding onder sy aandag gebring is. Mabasa sê ander verkiesingsverwante voorvalle is in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap aangemeld.