# Die minister vir Vroue, die Jeug en Gestremde Persone in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, vra sterker vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings en die burgerlike samelewing om die regte en insluiting van persone met gestremdhede te bevorder. Suid-Afrika vier Regte van Gestremdes-maand met die tema, “Skep strategiese multisektorale vennootskappe vir ‘n samelewing wat gestremdes insluit”. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê daar moet wegbeweeg word van afsonderlike ingrypings na strategiese vennootskappe wat volhoubare en meetbare verandering bring:
Minister Chikunga vra sterker vennootskappe om regte en insluiting van gestremdes te bevorder [KLANK]
ENG SelalaONDisabilityRights