# Olimpiese Jeugspele: Span Suid-Afrika het nog twee medaljes ingeoes by die Olimpiese Jeugspele in Dakar, Senegal. Die roeier, Callum Dreyer, het die eerste goue medalje bygedra en Chanel Veldsman silwer. Die 16-jarige Dreyer het Diego Molina Martinez van Spanje in die eindronde geklop terwyl die Hongaar, Adam Moor, met brons weggestap het. Die swemmer, Veldsman, het silwer in die vroue se 100-meter borsslag behaal. Suid-Afrika spog nou met vier medaljes: een goud, twee silwer en een brons.
Olimpiese Jeugspele: Callum Dreyer wen Suid-Afrika se eerste goue medalje