# Die MK-party het die Taakspan vir Politieke Moorde gevra om onmiddellik ondersoek in te stel na die moord op sy streekorganiseerder in Ugu, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, Lastborn Shazi. Daar word vermoed dat hy Maandagaand by sy huis in uMzumbe deur gewapende sluipmoordenaars oorval en doodgeskiet is. Shazi was op die party se lys vir proporsionele verteenwoordiging vir die plaaslikeregeringsverkiesing. Die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, het die publiek gevra om nie oor die motief vir die moord te spekuleer nie:
MK-party vra vir dringende ondersoek na moord op sy streeksorganiseerder in KZN [KLANK]
ENG NetshiundaOnShaziOnMurder