# Die Verkiesingskommissie in KwaZulu-Natal sê gure weer kan sekere stempunte ontwrig. Swaar reën en sterk wind wat in dele van die provinsie voorspel word, kan toegang tot stempunte en die oprigting van tydelike infrastruktuur beïnvloed. Die kommissie sê beamptes hou die toestande dop en werk saam met rampebestuurspanne om risiko’s te beperk en veiligheid te verseker. Die kommissie vra kiesers om op hoogte te bly van die verwikkelinge, bykomende reistyd toe te laat en voorsittende beamptes se riglyne te volg.
OVK waarsku weer kan stempunte in KZN ontwrig