Skip to content

Suid-Afrika verbied rolprent weens ontkenning van Joodse Volksmoord

# Suid-Afrika se Rolprent- en Publikasieraad het die eerste keer in 13-jaar geweier om ‘n rolprent te klassifiseer, wat sy verspreiding en openbare vertoning verbied. Daar is bevind die dokumentêr, Hebrews to Negroes: Wake Up Black America, bevorder anti-semitisme, ontken die Joodse Volksmoord en wakker haat teen Jode aan. Die besluit is in die Staatskoerant gepubliseer. Enigiemand wat die rolprent versprei, uitsaai, in die openbaar vertoon, koop of huur, kan met tot 500-duisend-rand beboet of vyf jaar tronkstraf opgelê word, of albei.