# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor voortslepende probleme met verhitting, ventilasie en lugversorging by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Gauteng. Dit veroorsaak vertragings met chirurgiese prosedures omdat die vereiste standaarde nie nagekom word nie. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê hulle doen ʼn beroep op die provinsiale Gesondheidsdepartement en hospitaalbestuur om ‘n duidelike uiteensetting te gee van maatreëls wat ingestel word om die krisis op te los, voldoening aan die vereiste standaarde te verseker, en verdere vertragings met noodsaaklike chirurgiese prosedures te voorkom:
Staatsdiensvakbond bekommerd oor voortslepende lugversorger-krisis by Steve Biko Hospitaal [KLANK]
ENG NaickerONHospital