# Volgens ʼn UNESCO-verslag het straffeloosheid vir moorde op joernaliste vir die eerste keer in meer as ‘n dekade wêreldwyd toegeneem. Tussen 2006 en 2025 is meer as een-duisend-600 joernaliste reg oor die wêreld vermoor, en in byna ses uit sewe gevalle is niemand aanspreeklik gehou nie. In 2024 en 2025 alleen is 189 joernaliste dood in gewelddadige aanvalle waarvan 67-persent in konflik-sones was. Vyftig van hulle is in ses oorlogsgebiede in hommeltuigaanvalle dood. Arabiese state het die grootste getal geverifieerde gevalle aangemeld.
UNESCO-verslag bevind ses uit sewe moorde op joernaliste bly ongestraf