# Rugby: Die slot Salmaan Moerat maak sy eerste verskyning vir die Springbokke vanjaar in Saterdag se Nasies-kampioenskap-kragmeting teen Italië in Turyn, met Ruan Nortjé aan sy sy. Jasper Wiese, Pieter-Steph du Toit en kaptein Siya Kolisi is die drie losvoorspelers, met Thomas du Toit, Malcolm Marx en Ox Nche in die voorry. In die agterlyn sluit Morné van den Berg en Sacha Feinberg-Mngomezulu by die ervare Damian de Allende en Jesse Kriel aan. Die ander agterspelers is Ethan Hooker, Kurt-Lee Arendse en Damian Willemse.
Rugby: Erasmus wys ervare span aan vir Nasies-kampioenskap-kragmeting teen Italië