# Die voorsitter van die Premier Sokkerliga, Irvin Khoza, het ‘n beroep op alle kwalifiserende Suid-Afrikaners gedoen om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslikeregeringsverkiesing te stem. Die PSL het alle wedstryde wat vir Woensdag geskeduleer was, gekanselleer, aangesien dit met die verkiesingsdag saamval, wat tot ‘n openbare vakansiedag verklaar is. Hierdie besluit maak dit moontlik vir spelers, spanbeamptes en ondersteuners om aan die verkiesingsproses deel te neem. Hy het kwalifiserende kiesers aangemoedig om hul stem te laat hoor:
PSL-voorsitter Irvin Khoza spoor sokkerondersteuners aan om te stem [KLANK]
ENG-KhozaOnVoting