Skip to content

Iranse onderhandelaars verlaat Doha terwyl konsepvoorstel vir vredesooreenkoms versprei word

# Iranse onderhandelaars het samesprekings met Katarse bemiddelaars in Doha laat vaar terwyl diplomatieke pogings voortduur om die oorlog met Amerika te beëindig. ‘n Amptenaar sê die afvaardiging het nie vertrek oor probleme met die onderhandelings nie. ‘n Konsepooreenkoms word tans vir kommentaar versprei en nog ‘n vergadering bly moontlik. Iran sê sy sewe-stap-plan sluit die heropening van die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes en die beëindiging van die Amerikaanse vlootversperring in. Teheran sê die seestraat sal nie heropen word voordat daar nie aan sy eise voldoen is nie.