# Gholf: Die tweemalige Meesterskampioen Bubba Watson is op pad na Sun City. Hy sal van 3 tot 6 Desember sy debuut in die Nedbank-gholfuitdaagtoernooi maak ter ere van Gary Player. Watson is die vierde Meesterskampioen in vanjaar se deelnemersveld vir “Afrika se major” by die opgeknapte Gary Player-buiteklub. Hy sluit aan by die huidige Amerikaanse Ope-kampioen, Wyndham Clark, asook voormalige Amerikaanse Ope-kampioene Bryson DeChambeau en Justin Rose, in wat die sterkste deelnemersveld in die toernooi se onlangse geskiedenis is.
Gholf: Tweemalige Meesterskampioen Bubba Watson sal aan die Nedbank-gholfuitdaagtoernooi deelneem