Skip to content

R548-miljard se beleggings beloof vir Suid-Afrika se spesiale ekonomiese sones

# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê 141 maatskappye het beleggings van meer as 548-miljard- rand in Suid-Afrika se spesiale ekonomiese sones beloof, wat moontlik meer as 60-duisend permanente werksgeleenthede kan skep. Hy het in Steelpoort, Limpopo, na die Fetakgomo-Tubatse-sone verwys, wat reeds beplande beleggings van 52,6-miljard-rand gelok het. Die projekte kan die volgende dekade 20-duisend werksgeleenthede skep. Tau sê die regering wil plaaslike mineraalverwerking en vervaardiging uitbrei om nywerheidsontwikkeling en ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee.