# Rugby: Die Springbokke het in Turyn aangekom vir Saterdag se Nasieskampioenskaps-toets teen Italië. Die span het gister in verskillende groepe uit Suid-Afrika vertrek en afrigter Rassie Erasmus sal vanaand sy span aankondig vir die kragmeting met die Azzurri. Die Springbokke pak Frankryk volgende naweek op die Stade de France in Parys voor hulle ‘n week later in Dublin teen Ierland te staan kom. Die kompetisie se noordelike afdeling word op 27 November gevolg deur die eindronde op Twickenham in Londen.
Rugby: Springbokke kom in Turyn aan vir Saterdag se toets teen die Azzurri