# Aanklaers in Frankryk ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat betogers die naweek in Parys petrolbomme na die polisie gegooi het. ‘n Beampte het brandwonde en beserings opgedoen terwyl nog 14 beamptes lig tot ernstig beseer is. Geweld het Saterdag uitgebreek in Parys en ander Franse stede tydens ‘n derde agtereenvolgende naweek van studentebetogings oor stygende lewenskoste. Meer as 770 mense is in hegtenis geneem. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nunez, sê die gebruik van petrolbomme teen polisielede is onaanvaarbaar.
Franse aanklaers ondersoek poging tot moord ná petrolbomaanvalle op polisie