Skip to content

Ramaphosa vra landsburgers om ’n vreedsame omgewing vir die verkiesing te verseker

# President Cyril Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om seker te maak die munisipale verkiesing word nie deur geweld of intimidasie ontwrig nie. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring voor Woensdag se hoofverkiesingsdag. Ramaphosa verseker die publiek in sy weeklikse nuusbrief dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aktief besig is met risiko-bepalings, bedryfsbeplanning en nabootsing-oefeninge. Hy moedig alle geregistreerde kiesers aan om te gaan stem en sê ʼn doeltreffende plaaslike regering is noodsaaklik om mense se lewensgehalte te verbeter.