# Rusland en Oekraïne het aangekondig dat hul noodwaarskuwing-toepassings op selfone deur kuberaanvalle getref is. Die Oekraïnse Lugmag sê kuberkrakers het die land se toepassing wat mense teen moontlike lugaanvalle waarsku, geïnfiltreer. Volgens ʼn verkeerde boodskap op die toepassing, is Kiëf en ander gebiede teen kern- en chemiese aanvalle gewaarsku. Ure later het Rusland se Nood-ministerie gesê sy mobiele toepassing wat ontwerp is om mense teen inkomende hommeltuigaanvalle te waarsku, is deur ʼn massiewe kuberaanvalle getref wat toelaat dat vals inligting aan die publiek gestuur word.
Rusland en Oekraïne meld kuberaanvalle aan op noodwaarskuwing-toepassings op selfone