# Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê ʼn identifisering-taakspan is aangestel om ʼn digitale vingerafdruk-oudit van ongeïdentifiseerde vroue en kinders te doen. Dis deel van die provinsie se reaksie op presidensiële riglyne oor geslagsgeweld en vrouemoord. Sedert Julie is minstens 12 vroue in Ekurhuleni en ander dele van die provinsie vermoor. Lesufi sê hulle probeer ook om forensiese waglyste te verkort, nakoming van inname-prosedures by polisiekantore te verbeter, verlore dossiere te vind en die monitering van sake oor vermiste persone te versterk:
Premier Lesufi sê hulle wend pogings aan om forensiese agterstand met geslagsgeweldsake in te haal [KLANK]
ENG LesufiOnDNA