Skip to content

Sokker: Arsenal drie punte voor op Premierliga-punteleer na oorwinning teen Liverpool

# Sokker: Arsenal het Liverpool in hulle eerste Premierliga-oorwinning in 14 jaar op Anfield met 1-0 geklop en loop met drie punte voor op die punteleer. Kai Havertz se doel in die 16de minuut het die oorwinning verseker en die Gunners het daarna alle aanvalle deur die gashere suksesvol afgeweer. Havertz het met hierdie wen-doel die Duitser geword wat die meeste punte in Premierliga-geskiedenis aanteken. Sy 46 loopbaan-doele verbeter die gewese middelveldspeler van Manchester City, Ilkay Gündoğan, se rekord. Arsenal is nou drie punte voor Manchester City wat tweede is, en nege punte voor Liverpool.