# Agt mense, insluitend ʼn kind, is gister in Israelse aanvalle in Gaza dood en ses is beseer, ten spyte van ʼn skietstilstand wat verlede jaar in Oktober ingestel is. Volgens Gaza se binnelandse ministerie was vyf polisiebeamptes wat met gewone pligte in Al-Mawasi besig was. In ʼn ander aanval is drie Palestyne, onder andere ʼn pa en sy vierjarige seun, langs ʼn skool in Gaza-stad dood. Israel se weermag sê hy het twee aanvalle uitgevoer op wat hy beskryf as militêre agente.
’n Kind en vyf polisiebeamptes in Israelse aanvalle in Gaza dood