Skip to content

Tennis: Alcaraz wen 28ste loopbaantitel in Wene

# Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het die Weense Ope-titel gewen. Dis sy vierde trofee in ʼn seisoen waar hy deur beserings geteister is en sy 28ste loopbaantitel. Die Spanjaard het die Australiër, Alex de Minaur, met 6-1, 6-4 afgeransel om met ʼn perfekte 16-0-seisoen by ATP 500-toernooie te spog. Dit sluit oorwinnings in Doha en Tokio in. Die 23-jarige Alcaraz speel hierdie week in die Parys Meesters. Hy kom in Woensdag se openingswedstryd óf teen die Tsjeg, Jiri Lehecka, óf die Amerikaner, Alex Michelsen, te staan.