# Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer versoek motoriste om uiters versigtig te wees nadat 18 mense binne sewe dae in drie afsonderlike ongelukke gesterf het. Die jongste ongeluk het gisteroggend ses lewens geëis toe ‘n vragmotor met sowat 30 passasiers op ‘n grondpad naby Bizana omgeslaan het. Die LUR vir Vervoer, Xolile Nqatha, beskryf die toenemende dodetal as uiters kommerwekkend. Hy sê elke lewe is kosbaar en dit is almal se verantwoordelikheid om paaie veilig te hou.
Oos-Kaap vra groter waaksaamheid op paaie ná 18 sterftes binne sewe dae