# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne loof die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se goedkeuring om 500 Patriot-missiele te lewer, maar sê dit kan jare duur voor sy land dit ontvang. Kiëf sal vir die aankope betaal met fondse van Kanada, Duitsland en Noorweë, asook ʼn lening van die Europese Unie. Zelensky sê dit moet gou afgelewer word om die land teen Russiese lugaanvalle te beskerm. Hy sê Amerika en Europese bondgenote het genoeg voorraad om dit dadelik aan Oekraïne te verskaf.
Zelensky waarsku lewering van 500 Patriot-missiele kan jare duur