Skip to content

Defend Our Democracy sê kiesers moet frustrasie oor swak dienslewering in aktiewe deelname omsit

# Die burgerregte-groep, Defend Our Democracy, sê dalende vertroue in plaaslike regering en politieke leiers moenie Suid-Afrikaners ontmoedig om in die plaaslikeregeringsverkiesing te stem nie. Die organisasie se uitvoerende direkteur, Wade Manning, sê inwoners moet hul stemme gebruik om betroubare water, elektrisiteit en aanspreeklike leierskap te eis. Defend Our Democracy sal meer as twee-duisend-600 opgeleide burgerlike waarnemers in al nege provinsies ontplooi om Woensdag se verkiesing dop te hou. Manning sê kiesers moet onreëlmatighede, intimidasie en waninligting aanmeld.