# Politieke partye hou hierdie naweek hul laaste saamtrekke voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Die DA se laaste nasionale saamtrek vind vandag by Moretele-park in Mamelodi, Tshwane, plaas, terwyl die EFF sy Tshela Thupa-saamtrek by die Orlando-stadion in Soweto hou. Sondag lei die ANC-president Cyril Ramaphosa sy party se Siyanqoba-saamtrek by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in die Oos-Kaap. Die IVP se laaste saamtrek is by die Prins Mangosuthu Streek-stadion in Ulundi, KwaZulu-Natal.
Politieke partye sluit die naweek hul veldtogte met hul laaste saamtrekke af