# Krieket: Australië het vandag op die vyfde dag in Kaapstad 288 nodig om die derde en laaste toets teen Suid-Afrika te wen. Ryan Rickelton en Wiaan Mulder het albei honderdtalle behaal en die Proteas was in hul tweede beurt op 387 almal uit, wat hulle ʼn voorsprong van 287 lopies gee. Rickelton het 101 van 219 balle aangeteken in sy derde toets-honderdtal en tweede op Nuweland, terwyl Mulder ook sy derde toets-honderdtal behaal het met 115 van 204 balle. Mitchell Starc was Australië se ster-bouler wat drie paaltjies platgetrek het.
Krieket: Australië het 288 lopies en Suid-Afrika het tien paaltjies nodig om derde toets en reeks te wen