Skip to content

Ethiopië ontvang Russiese vegvliegtuie en lugverdedigingstelsels te midde van oorlog in Tigray

# Ethiopië het 12 Su-35-vegvliegtuie van Rusland ontvang terwyl gevegte toeneem in die noordelike Tigray-streek aan die grens met Eritreë. Eerste minister Abiy Ahmed, wat die Rusland-Afrika-beraad in Moskou bywoon, het die verkryging beskryf as ‘n mylpaal wat Ethiopië se verdedigingsvermoë sal versterk. Hy sê die aflewering volg ná ‘n jare-lange ooreenkoms tussen die twee lande. Abiy beskryf die Russiese president, Vladimir Putin, as ‘n goeie vriend van Ethiopië en sê die land is nou die eerste in Afrika suid van die Sahara wat oor hierdie gevorderde gevegstegnologie beskik.