# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, glo die Springbok-losskakel Handré Pollard sal fiks wees vir die Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Leeus vroeg in Desember. Hy is verlede naweek beseer in die wedstryd teen Ulster en sal nie volgende maand vir die Bokke kan speel in die Nasieskampioenskap se noordelike veldtog nie. Ackermann het Curwin Bosch in die nommer 10-trui aangewys vir môre se kragmeting met Scarlets op Loftus. Die VRK neem ná hierdie naweek ’n blaaskans van ’n maand om vir die toetsgleuf voorsiening te maak.
Rugby: Ackermann glo Pollard sal vroeg in Desember gereed wees