# Die Australiese sampioen-moordenaar, Erin Patterson, het ʼn aansoek teen haar skuldigbevindings verloor. Sy is in September 2025 tot lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid van parool vir 33 jaar, gevonnis. Sy is skuldig bevind aan moord op drie mense nadat sy giftige sampioene in ʼn maaltyd voorgesit het. ʼn Paneel van drie regters in die Victoria-hooggeregshof in Melbourne het bevind haar vonnis is te lig, en beskryf haar misdade as “buitengewoon koud en berekend”. Hulle sê die saak is so skokkend misdadig dat ʼn vasgestelde tydperk sonder parool onvanpas is.
Australiese hof beslis sampioen-moordenaar Erin Patterson moet lewenslank agter tralies bly