# Die Demokrate is in ‘n gunstige posisie in sleutelverkiesings vir die Senaat in Texas en Michigan, in die middeltermynverkiesing aanstaande Dinsdag, terwyl die stryd in Kansas en Maine meer gelykop is. ‘n Nuwe CNN-peiling toon die Demokraat Abdul El-Sayed in Michigan geniet die steun van 49-persent van waarskynlike kiesers, vergeleke met 42-persent vir die Republikein Mike Rogers. In Texas het die Demokraat James Talarico ‘n voorsprong van 49-persent teenoor die Republikein Ken Paxton, op 43-persent onder waarskynlike kiesers. Die peiling dui op geen klinkklare wenner in die Senaatstryd in óf Maine óf Kansas nie.
‘n CNN-peiling plaas Demokrate voor in die stryd in die Senaat in Michigan en Texas