# ActionSA sê sy standpunt is bevestig nadat Tshwane se finansiële hoof, Gareth Mnisi, vandag Tshwane-huis saam met amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verlaat het. Lasbriewe is vroeër uitgereik om sy kantoor en huis te deursoek. Michael Beaumont van die party sê Mnisi het met slegs ’n ligte teregwysing teruggekeer werk toe nadat getuienis teen hom by die Madlanga-kommissie voorgelê is. Beaumont het bygevoeg enige nuwe bewyse uit die Inkomstediens-ondersoek gee die stad rede om nuwe dissiplinêre stappe te begin.
ActionSA sê inkomstediens-optrede bevestig sy standpunt oor Tshwane se finansiële hoof