Skip to content

Netanyahu op koers om as waarnemende eerste minister aan te bly ná onbesliste verkiesing

# Benjamin Netanyahu is op koers om as Israel se eerste minister waar te neem nadat hy sterker as verwagte steun onder Joodse kiesers gekry het, al het sy regse alliansie sy parlementêre meerderheid verloor. Byna 86-persent van die stemme is getel. Die drie grootste uitsaaiers voorspel Netanyahu se alliansie van regse, verregse en ultra-Ortodokse partye sou 53 van die Knesset se 120 setels wen en die opposisie-alliansie van sy mededinger, Gadi Eisenkot, ‘n geskatte 48. Partye wat Arabiese Israeli’s verteenwoordig, is op koers na ‘n ongekende 19 setels.