# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vra ʼn onmiddellike ondersoek en beweer Arabiese partye het die verkiesing gesteel deur omkopery, geweld en onregmatighede wat stemme betref. Meer as 80-persent van die stemme ná Dinsdag se verkiesing is getel. Netanyahu se Likoed-party en sy verregse bondgenote, en sy teenstander Gadi Eisenkot se Yashar-party, gaan nie een ʼn meerderheid van die 120 setels in die parlement, die Knesset, kry nie. Netanyahu sê die Arabiese partye wat terrorisme en die uitwissing van die Joodse staat ondersteun, het die integriteit van die verkiesing en die uitslag ernstig benadeel.
Netanyahu beskuldig Arabiese partye dat hulle Israel se verkiesing “steel”