# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, kan steeds vir die jaareindtoernooi in Turyn kwalifiseer na ʼn welverdiende oorwinning by die Switserse binnenshuise toernooi in Basel. Die 39-jarige Serwiër het Ugo Humbert van Frankryk met 4-6, 6-3, 6-4 verslaan om die rondte van 16 te haal in sy eerste verskyning by die toernooi sedert 2011. Die oorwinning verseker dat Djokovic, wat elfde is in die wedloop na Turyn, moontlik steeds vir ʼn rekord 19de keer in die ATP-jaareindtoernooi kan meeding. Slegs die jaar se top-agt spelers kwalifiseer vir dié eer.
Tennis: Djokovic steeds op koers om vir ATP-jaareindtoernooi te kwalifiseer