# Die Gautengse Hooggeregshof het die volle hofsitting oor die aanhouding van asielsoekers tot volgende maand uitgestel. Dit hou verband met 33 dringende aansoeke oor die aanhouding van ongedokumenteerde buitelanders wat aangedui het hulle wil aansoek doen vir asiel. Die aansoekers eis duidelikheid oor die wettigheid van hul aanhouding. Die hoofregter se kantoor sê die uitstel is nodig weens die omvangryke uitbreiding van die prosedure sedert dit op die rol geplaas is. Die verhoor sal nou van 16 tot 18 November plaasvind.
Hooggeregshof-verhoor oor aanhouding van asielsoekers word uitgestel