Skip to content

Krieket: Australië neem die voortou in die beslissende derde toets teen Suid-Afrika

# Krieket: Australië het teen die einde van die tweede dag van die derde en laaste toets in Kaapstad 330 vir vier behaal, en sodoende ‘n voorsprong van een lopie geneem. Die besoekers het gister begin nadat hulle die Proteas Dinsdag vir 329 uitgeknikker het; Matt Renshaw en Travis Head het 58 lopies vir die eerste paaltjie bygedra. Simon Harmer het daarna die paaltjies van Head en Marnus Labuschagne in sy eerste boulbeurt geneem, terwyl Marco Jansen ook twee paaltjies ingeoes het. Australië sal vandag probeer om hul lopietotaal verder uit te bou, met Josh Inglis op 85 en Alex Carey 51 nie uit nie.